My Story - Diana Fouche


DIE GROOT 'BREKVIS' AFFERE EN MY 'TAKE' OP DIT
Vir al my vriendinne met gesondheidsprobleme, skete en ander derglike en onnoembare goeters en natuurlik van ons wie se ‘asses’ ons begin bekruip het na 25 en moenie die kinders vergeet nie. Hierdie storie maak jou gesonder, jonger en baie meer energiek. Niemand betaal my om die ding te skryf nie, so hier is ‘n ‘free for all-use it/don’t use it’-ietsie...
Ek het 2 Augustus 2015 begin en go my - hierdie is die ENIGSTE volhoubare leefstyl (want dit is definitief NIE ‘n dieet nie) waarop ek al ooit afgekom het! Met ‘n ‘tweak’ aan jou gewoontevormende eetpatrone, hou jy baie maklik hierby.
‘n Ander dieët wat ek verlede jaar gedoen het, het my 23 kg laat verloor, maar het my R2500-00 per maand gekos. EN ongelukkig het ek weer 20 van daardie opgetel nadat die mense vir my basies belowe het dat, al wat my liggaam nodig het, is net 'n 'liptin/metabolism reset'.... wat 'n klomp gemors...Anyway... Soos julle weet yo-yo my gewig mos verskriklik. Ek het vir maande gekyk na Banting.... Daar is groepe op fb en hulle propageer 'n goeie leefstyl, maar die goed wat jy volgens hulle 'NET MOET HE', is so duur, ek kon net sowel op die R2500-dieet gebly het.
So blaai ek toe op 'n dag rond op FB en kom af op die groep 'THE BIG BREAKFAST BANTING DEBATE'.... vir maande volg ek toe die storie en my keerpunt het gekom toe ek actual resultate sien... en ook natuurlik hoeveel makliker die leefstyl is.
Dis MAKLIK, dis EFFEKTIEF, jy ly nie HONGER nie. Jy het nie nodig om 2L + water per dag af te forseer nie... Ek voel goed, energiek en NOOIT honger nie... Ek het ook geen cravings nie. Van alle dinge, was ek nog altyd 'n 'bliksem' as dit by my koffie met suiker in kom en ek sou altyd sweeteners gebruik. Voorheen sou ek tot 9 koppies 'n dag gedrink het, elke keer met 2 suiker en melk... so maak die somme...
Hier is die 'basics'.
Die belangrikste: As dit ge'blik' of ge'bottel' is, kan jy dit nie eet nie!! Vars groente/vleis. Geen 'substitute meats' (soos gevriesde/geboksde vleise/polonies/viennas ens). As jy net eenvoudig nie sonder jou boerewors oor die kole kan kom nie, vra jou slagter om vir jou wors te maak sonder ‘fillers’...
Geen brood (ook nie die 'banting brood met amandelmeel nie - ek dink in elk geval dis net 'n geldmaak 'foefie')
Behalwe breakfast eet/drink jy SLEGS WANNEER JY HONGER/DORS is..Jy eet BREAKFAST totdat jy amper naar is, glo my.Dit bestaan uit
BREAKFAST:
3-4 repies bacon2-3 eiers1 avokadopeer1 koppie koffie met room (geen suiker. Die mense se jy kan xylitol gebruik, maar dis VREK duur en proe nie vir my lekker nie... Die room gee 'n heerlike smaak en dit het my 2 dae geneem om gewoond te raak daaraan). As jy begin sukkel met gewigsverlies, sny die room uit in die oggend... Dan drink mens net swart rooibostee.
Jy maak alles gaar in 2 Eetlepels botter/olyfolie/avocado olie/coconut olie. Ek verkies botter en avo-olie. As jy voel om die eiers in die bacon vet gaar te maak, nog beter.Alternatief vir avo's is 'n handvol spinasie (gaargemaak in botter)Alternatief vir bacon is 'n legio: 1-2 skilpadjiesstukkie 'haddock'salmoorskietvleisPork rashersChicken liversDaar is nie regtig alternatief tot eiers nie (alhoewel die mense hulself bullshit), maar jy kan hulle op ENIGE manier gaarmaak. Ek verkies 'scrambled'.Hierdie ontbyt behoort jou 'VOL' te hou vir 6-8 ure, maar ek gaan partykeer tot 12 ure sonder om honger te raak... en as ek nie honger is nie, 'skip' ek partykeer aandete. AS jy honger raak, kan jy snack aan die volgende:
SNACK
Snack SLEGS as jy moet en dan net so 'n handjievol van die volgende.Kaas, Biltong, Bacon of ander ‘legal proteine’ (ek het dit nog net 1 keer in 10 weke gedoen, so het nie veel voorstelle daar nie.)Ek drink tussen 2-3 'n koppie koffie/rooibostee met room.
AANDETE:
PALMGROOTTE vleisie en 2 koppies slaai/groente. Daar is soveel maniere om dit te doen.Jy kan olyfolie gebruik en 'roast veg' maak of dit saam met 'n handvol mince ingooi of gestoom of sommer net vars....
SPICES:
Enige 'braai mix', "portuguese chicken', steak & chops is uit. Dit het 'maize-produkte in'... 'Himalayan Pink salt' Swart PeperIna Paarman se Cajun Spice (Dit bevat geen gaggas nie - die ander van haar produkte het egter)Andersins.... vars thyme/rosemary... etc. Kaneel, Borrie, Kerrie ( geniune kerrie wat jy by ‘n Indian shop gaan koop... nie Cartwrights/Raya nie), Dried Parsley, etc.... As jy die botteltjie omdraai en dit het net een bestanddeel in, is dit veilig.KnoffelEk gebruik die meeste knoffel, sout en swart peper en natuurlik vars kruie.
Hier is my roetine:
MAANDAG - SATERDAG
8-10am Big Breakfast
2-3pm pm koffie/tee met room
6-8pm Aandete
SONDAG: SPIKE DAY
8-10am Big Breakfast5-8pm Aandete
WAT IS SPIKE DAY???
Dis 'n 'reset' dag. Jy het nodig om dit te doen om jou liggaam weer 'n 'skok' te gee. Jy begin met jou groot brekkie, jou gewone 6-8 ure 'fasting' en in die aand kan jy enigiets eet waarvoor jy lus is. Jy kan slegs 'SPIKE' as jy 6 'good banting days' gehad het. Ek het bv Sondag Roomys en Aarbeie gehad vir nagereg nadag ek Oxtail Vignerons met Samp gehad het. Maar jy sal sien dat jy nie regtig baie kan inkry nie.
Gaan kyk op die groep The Big Banting Breakfast Debate. Hulle het 'files' waardeur jy kan gaan en lees. Elke ou 'tweek' maar sy eie ding totdat dit hom/haar pas, want elke mens verskil. Ek het maar net gedeel wat vir my werk. Hier is ‘n ‘link’ na TBBBD se ‘foodslist: http://mymoringa.co.za/pages/the-bb... Ek koop niks 'snaaks/duur' nie. Ek hou 'religiously' by my roetine en wyk glad nie af nie... Inteendeel, die 'trick' is om genoeg vet in die oggend in te kry. Dan word jy GLAD NIE honger/lus vir enigiets nie.
‘MUST HAVE SHOPPING LIST:’Eiers, Botter, Room, Rooibostee, Bacon, AVO, vleisies, slaaigoed, pienk sout.... As jy erens heen gaan, is dit jou ‘survival kit’. Die res is maklik. My Shopping lys bevat gewoonlik hoender, skilpadjies (lewer in netvet), steak, lamstjoppies, bief blokkies, vark tjoppies/rashers.... Vir groente, verkies ek slaaigoed: Blaarslaai, cherry tamaties, uie, komkommer, spring onion, peppers (robotjies). Dan koop ek ook blomkool, broccoli en spinasie.
BELANGRIKSTE:LEER om te kyk na die ‘labels’ op kosse/souse/slaai/spices. AS JY 'THE BIG BREAKFAST BANTING DEBATE' VOLG, DELETE AL DIE ANDER BANTING GROEPE... Hulle roetines verskil en hulle propageer 'banting bread' en al die ander gemors wat gewigsverlies verhoed. Volg SLEGS BBBD en jy sal 'fine' wees.Moenie te veel dink daaraan nie. Dit kom vanself...As jou gewig na ‘n ruk begin ‘stall’ en jou doen alles ‘reg’, is dit GREAT!!! Byt vas en moenie ophou nie. Jou vetselletjies is ‘resillient little bastards’ wat aan water vashou om hul volume te behou net voor hulle die stryd verloor en disintegreer. Onthou net - jy het nie die gewig opgetel in 3 maande nie, moenie verwag om dit in daai tyd te verloor nie...Happy BANTING!!!xxxDee